Direkteure in R70 m. ‘bedrogsaak’ op borgtog vrygelaat

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

NOORDWES. – Lucas Cornelius Schutte (51) en Mattheus Johannes Pieterse (57), twee maatskappydirekteure wat na bewering by ‘n beweerde R70 miljoen bedrog- en geldwasseryskema betrokke is, is Woensdag in die Orkney-landdroshof elk op R5 000 borgtog vrygelaat.

Volgens lt.kol. Tinyiko Mathebula, woordvoerder van die Valke, is Schutte van Kemac Mining en Pieterse van South Bay Group of Companies op aanklagte van bedrog en geldwassery in verband met mynkontrakte in hegtenis geneem. Die twee word gekoppel aan Johan van Vuuren (51), voormalige uitvoerende bestuurder van Heaven Sent Gold Group SA in Klerksdorp, wat na bewering tussen 2020 en 2022 kontrakte van meer as R50 miljoen aan Kemac en meer as R20 miljoen aan South Bay toegeken het, sonder die raad se medewete. Van Vuuren het ook na bewering ‘n persoonlike belang in South Bay gehad, terwyl Kemac betalings aan maatskappye met bande aan Van Vuuren se familie gemaak het. Hy is reeds in Januarie 2026 in hegtenis geneem en is op borgtog vry.

Die drie beskuldigdes wat almal op borgtog is, sal weer saam op 12 Augustus in die Klerksdorp- gespesialiseerde kommersiële misdaadhof in Klerksdorp verskyn.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief