‘Dis nie vlug nie – dis oorlewing’

Lees ook :

Die aankoms van 49 wit Suid-Afrikaners in die Verenigde State onder amptelike vlugtelingstatus het ’n vlaag reaksies op Nuusflits se sosiale media ontketen – nie net oor die status self nie, maar oor wat dit verklap van Suid-Afrika se realiteit. Terwyl die internasionale aanvaarding van hul vlugteling-status rasgebaseerde diskriminasie en plaasaanvalle as redes aanvoer, toon ons lesers se reaksies ’n veel dieper, emosioneel gelaaide konteks.

“Dis nie oordrewe nie. Dis ons werklikheid.”

Só sê Petro Holtzhausen: Mens word besteel, verkrag, gemartel, verkleineer ens. ens. ens.! So ja, dié is ’n uitkoms uit ONS Vaderhand.”

’n Groot meerderheid lesers op Nuusflits se blad ondersteun die mense wat geëmigreer het, met talle wat hul eie stories deel van geweld, ekonomiese uitsluiting en kulturele vervreemding.

“Ons kinders is oorsee – en ek sien my kleinkind net oor video-oproepe”

Die gesinsverskeuring wat gepaard gaan met emigrasie was duidelik in die kommentare. Christina van Schalkwyk skryf: “Ek het nou ’n kleinkind wat ek nog nie eers vasgehou het nie. Ons het ons kinders in Engels grootgemaak sodat hulle êrens ’n ordentlike lewe kon maak. Nou struikel ons in ons land.” Ronel Knipe sê: So stuur ons ons kinders oorsee vir werk, en ons moet die res van ons lewe Skype.”

“Ek het ’n meestersgraad – maar kry nie werk nie”

Een van die sentrale temas is ekonomiese uitsluiting weens rasgebaseerde wetgewing. Jaco en Meagan Mollentze skryf: “In baie groot maatskappye se aansoekvorms vir werk is daar nie eers ’n blokkie om X te merk as jy wit is nie. Dit is ekonomiese vervolging.”

Carissa Pretorius het haar meestersgraad gedoen, maar sê sy is steeds werkloos. Nou doen sy haar PhD in ‘n poging om werk te kry. Sunet Becker sê: “Ons is grootgemaak dat jy nie kleur sien nie. Maar oor ons velkleur word ons geoordeel.”

“Plaasaanvalle is nie net misdaad nie – dis marteling”

Talle deel ook wrede ervarings van geweld – iets wat hulle nie as blote misdaad sien nie, maar as geteikende aanvalle. Louise Raaths vertel: “’n Oom en tannie is aangeval – haar hande afgekap, hy geskiet met ’n windbuks. Was dit op die nuus? Nee. Dit word weggesteek.” Carel Janse sê: “Ek was al by twee plaasaanval-tonele in die Noord-Kaap. Dis nie net moord nie – dis marteling.” Willie du Preez deel: “My buurman van 82 is doodgewurg in sy motor voor sy vrou. Dit het nie eers die nuus gehaal nie.”

“Die media verdoesel dit alles”

Baie lesers wys vingers na hoofstroommedia vir wat hulle beskryf as verdoeseling, minagting en selfs verraad. Petro Collinet sê: “Joernaliste is linksgesind en verraai hul eie ras.” Zelda Boshoff skryf: Afrikaanse nuusblaaie soos Media24 ignoreer wreedhede omdat dit die ANC sou kwaad maak. Hulle het lankal opgehou om objektief te wees.” Annette Hamann sê: “Julius Malema sing liedjies van haat. Die hof sê dis reg. En dan vra mense hoekom daar vlugtelinge is?”

“As dit nie was vir my kleinkinders nie, was ek ook al weg”

Hoewel baie mense die besluit van die 49 vlugtelinge ondersteun, is daar ook stemme van hartseer, verlange en frustrasie oor dié wat agterbly. Die gevoel van vervreemding is wydverspreid.

Mari Myrtle Croucamp Venter sê: “My hart is seer oor ons mense wat ’n veilige hawe elders moet gaan soek.”
Haar gesprek met Gerrit Jacobs gaan verder, wat sê sy kinders bly in Australië en hy is baie bly daaroor. Mari voel die Afrikaner-volk is ‘n sterwende volk – “letterlik en figuurlik.” Mari antwoord: “Ons is ’n sterwende volk, letterlik en figuurlik.

Uiteindelik voel baie wit Nuusflits-lesers hulle staan voor ’n eenvoudige keuse: bly en baklei teen diskriminasie, of gaan en probeer weer van voor af. Lot Jooste sê: “Wit mense word aangeval, benadeel en doodgemaak – om agendas uit te voer.” Ashley Carr voel ‘n groot probleem is dat jy nie jou gesin mag verdedig nie, tensy die aanvaller eerste skiet. “Dis belaglik.”

Die vraag bly: Is dit regverdig om hulle ‘vlugtelinge’ te noem?

Die antwoord volgens die meerderheid van Nuusflits se lesers: Ja. En meer gaan volg. Daar is egter ook stemme wat waarsku teen veralgemening of politieke manipulasie. Keenan Shane argumenteer: “Google, wat beteken refugee en wat beteken genocide? Nie een van die twee gebeur hier nie.”

Marietjie Visser waarsku: “Een verkeerd maak nie ’n ander verkeerd reg nie. Maar dit wat nou hier gebeur, is nie reg nie. En niemand wil dit hoor nie.”

Wat dink jy? As jy ‘n lesersbrief wil stuur, stuur dit aan [email protected]. As daar enige plaasaanvalle in die afgelope jaar was wat nie die hoofstroom-media gehaal het nie, kontak Nuusflits se redaksiespan by [email protected].

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief