LIMPOPO. – Twee voertuie, ‘n minibus en ‘n bakkie, het op 3 April buite Lebowakgomo in Limpopo, reg van voor teen mekaar gebots. Die lewe van een persoon is geëis. Twee ander is beseer en na ‘n hospitaal geneem.
Die departement van vervoer het bevestig dat een van die twee pasiënte wat in die hospitaal opgeneem is, later aan sy beserings beswyk het, terwyl die ander Die ander pasiënt steeds in die hospitaal behandel word.
Mashudu Mabata, woordvoerder van die departement van vervoer, sê die oorsaak van die botsing word onderseok.
Bron: Departement van Vervoer, SABC Nuus





