Lees ook: Israel sê UNRWA-lede was deel van aanval op 7 Oktober
GAZA. – Die Palestynse gesondheidsministerie het bekendgemaak die dodetal in Gaza is nou meer as 27 000.
Hulle het gesê die dodetal sedert die konflik begin het, staan op 27 019 en die aantal beseerdes is 66 139. Die dodetal in Israel was aanvanklik 1 200.
Die Palestynse gesondheidsministerie het gesê daar is nog duisende mense wat onder puin vassit, want die Israeliese weermag weerhou hulpspanne om beseerdes in Gaza te bereik.
Bronne: The Associated Press, Orissa Post, ABC News
Lees ook: Israel sê UNRWA-lede was deel van aanval op 7 Oktober





