Dodetal in Israel-Gaza-oorlog styg

Lees ook :

Israel-Gaza dodetal styg
Israel-Gaza dodetal styg fotokrediet: Canva

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog na skietstilstand voortgesit

GAZA. – Die dodetal in die oorlog tussen Hamas en Israel het tot 16 248 gestyg. Die Palestynse regering het gesê die slagoffers sluit 7 112 kinders en 4 885 vrouens in. Sowat 43 616 mense is beseer en 7 600 word vermis.

Die dodetal in Israel  staan op 1 200. Hamas het Israel op 7 Oktober aangeval en Israel het daarna tot aksie oorgegaan om Hamas uit te roei.

Hulle het Gaza-burgers weereens aangemoedig om die stede te ontruim en te vlug. Israel het Hamas blameer vir die dood van gewone burgers omdat hulle glo in tonnels onder die stede bedrywig is. Hamas het die aantygings ontken.

Bronne: Anadolu Ajansi, IOL, Reuters

Lees ook: Israel-Hamas-oorlog na skietstilstand voortgesit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief