Dodetal in Israel-Hamas-oorlog steek 11 000 verby

Lees ook :

Israel-Hamas dodetal steek 11 000 verby
Israel-Hamas dodetal steek 11 000 verby

Lees ook: Dokters en pasiënte in Gaza-hospitaal vasgekeer

GAZA. – Meer as 11 200 mense is reeds in die Hamas-Israel-oorlog dood. Minstens 2 700 persone is as vermis aangemeld. Die dodetal in Israel staan op 1 400.

Die Israeliese weermag het gisteroggend die Al-Shifa-hospitaal ingeval op soek na Hamas-ekstremiste wat glo in die hospitaal en in tonnels onder die hospitaal ingegrawe is.

Hamas en die hospitaal het ontken dat daar enige Hamas-bevelsentrum in of onder die hospitaal is.

Minstens 3 000 mense is in die hospitaal vasgekeer na Israel Vrydag die hospitaal omsingel het. Die hospitaal is sedert Maandag nie meer funksioneel nie weens ’n kragonderbreking.

Die Gaza-gesondheidministerie het gesê 40 pasiënte is dood sedert die noodkragopwekker se brandstof Saterdag opgeraak het. Ses kinders is dood en daar is vrees dat nog 36 kinders kan sterf omdat daar geen krag vir broeikaste is nie.

Bronne: Mint, The Guardian, CNN

Lees ook: Dokters en pasiënte in Gaza-hospitaal vasgekeer

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief