Lees ook: Ackerman skuldig op meeste aanklagtes verbind aan kinderseksring
Die dodetal in die Kenia-kultus wat glo om jouself uit te honger sal jou red, het gestyg tot 58 na liggame in massagrafte ontdek is.
Die voormalige taxidrywer, nou pastoor, Paul Mackenzie Nthenge, is in hegtenis geneem.
Die polisie het vroeër die maand die Good News International Church en Nthenge begin ondersoek na hulle inligting ontvang het wat hulle gelei het tot waar hy in ‘n bos preek.
Hulle het 15 uitgehongerde mense gekry. Vier is oorlede terwyl die ander na ‘n hospitaal geneem is.
Nthenge is voorheen in hegtenis geneem. Die laaste keer was drie weke voor die polisieondersoek na twee kinders wat in hulle ouerhuise van die honger gesterf het.
Bronne: IOL, The Guardian, CNN
Lees ook: KZN-vakansieoord beskuldig van ‘homofobie’ sê bewoording kon verwarring veroorsaak


