TEXAS, VSA. – Die dodetal in die Texas-oorstromings het tot 104 gestyg, terwyl ’n onbekende aantal persone steeds vermis word.
Lees ook: Dodetal styg ná Texas-oorstromings
Tot dusver is 28 meisies en volwassenes by die Christelike kamp, Camp Mystic, in die oorstromings dood. Tien meisies en een volwassene wat die kamp bygewoon het, is nog vermis. Die mede-eienaar en direkteur van die kamp, Richard Eastland (70) het omgekom terwyl hy die kinders probeer red het.
Soek-en-reddingspanne is steeds op soek na die vermiste mense. Nog reën is vir Texas voorspel, met waarskuwings oor oorstromings wat uitgereik is.
Bronne: BBC, USA Today, CBC
Lees ook: Dodetal styg ná Texas-oorstromings





