Dodo Nyoka sit man wat hom ‘n ‘loser’ noem mooi op sy plek

Lees ook :

Fotokrediet Die Kontrak

Dodo Nyoka, die sanger wat gisteraand die tweede plek op Die Kontrak 2 verower het, het ‘n man wat hom op sosiale media beledig het nederig op sy plek gesit.

Nyoka wat baie se gunsteling vir die wenposisie was, het ‘n boodskap op die Afrikaans is Groot se Facebook-blad gesit waarin hy sê:

“Gaan luister ‘n bietjie na my EP album en jy sal my droom verstaan.”

“We’re just getting started!!! Die lewe gaan nie oor rykdom en titles nie…when we leave this world what do we truly leave behind?”

Ene Chris van Wyk het op iemand se kommentaar reageer deur te sê: “Moontlik maar nou was hy ‘n loser.”

Nyoka het vir Chris soos volg geantwoord:

“My broer…as jy iemand anders ‘n loser moet noem om jouself beter te laat voel, dit sê baie oor jou selfbeeld…I don’t know what you’re going through or what you’ve been through maar ek hoop jy kom reg. Ek gaan die wereld 1% beter los as waar ek dit gekry het, en daai vir my is ‘n wen dit self. I didn’t come to win contracts, I came to win hearts and spread hope! Contracts don’t define who we are as a people.”

Nyoka se ondersteuners het soos een man vir hul gunsteling opgestaan en die plasing het meer as 1 000 kommentare gehad wat wys dat hy reeds gedoen het wat hy wou deur harte te wen en die mense aan sy kant te hê.

Goeie wense vir sy loopbaan het bly instroom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief