Dodo Nyoka is ‘n “Kontrak Seisoen 2” top 2-finalis en sy liedjie Foto’s het gister nommer een op Apple Music se Afrikaanse ranglys gehaal.
Nyoka en Samantha Leonard, die twee oorblywende finaliste van die kompetisie se splinternuwe “moontlike” wen-enkelsnitte, verskyn reeds op Spotify.com se speellys. Daar kan jy gaan luister en aflaai, asook videovrystellings sien van die liedjies waarna jy op YouTube kan gaan kyk.
Die wenner van die kompetisie word op die Afrikaans is Groot 2022-verhoog tydens die afskopkonsert by die Sunbet-arena in Pretoria tydens die vertoning op 4 November aangekondig.
FiND iT Nuus wil Dodo geluk toewens met sy nommer een posisie.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.