Dominee se man glo weer vermis

Lees ook :

Man van vermoorde dominee opgespoor
Man van vermoorde dominee opgespoor

AMANZIMTOTI. – Werner de Jager (43), die eggenoot van Liezel de Jager (38), die vermoorde dominee van Amanzimtoti, is glo vermis.

‘n Boodskap wat op die gemeente se WhatsApp-groepe uitgestuur is, lui soos volg:

Voorbidding:

Gemeentelede, ons moet ongelukkig die hartseer nuus met u deel dat Werner, soos in die verlede, weer “weg geraak” het.
Anders as in die verlede is hy hierdie keer al meer as 24 uur weg.

Bid asb. vir Lané en Ila [kinders]. Bid asb vir die De Jager en Van Zyl gesinne

Hulle het alreeds sóveel seer.
Kom ons vou hulle in gebed toe en plaas hulle op ons Vader se skoot, asb.

Ons vra asb dat u uit respek die familielede ruimte gee. Ons sal u op hoogte hou.

Dit is nie bevestig of Werner as vermis aangemeld is nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief