VSA. – Die Amerikaanse president, Donald Trump, het ’n $10 miljard naamskendingsaak teen mediabaas Rupert Murdoch en die Wall Street Journal se moedermaatskappye, News Corp en Dow Jones ná ’n berig oor Jeffrey Epstein gemaak.
Lees ook: Withuis sê Donald Trump is gesond ondanks blou kolle
Die berig het beweer Donald Trump het vir Epstein se 50ste verjaardag in 2003 ’n seksueel suggestiewe prentjie en verjaardagwens gestuur wat sê: “Mag elke dag nog ’n wonderlike geheim wees”.
Luidens Trump se dagvaarding het die maatskappye “gefaal om die brief aan te heg, om die beweerde prentjie aan te heg, om te bewys Trump het so ‘n brief geskryf of geteken en om te verduidelik hoe die brief gekry is”.
Vervolgens lui die dagvaarding “die rede vir hierdie is dat geen so ‘n brief of prentjie bestaan nie”. Die dagvaarding beskuldig die maatskappye daarvan dat dit die storie “opgemaak” het om die president te benadeel.
Trump het op sosiale media gesê die artikel is vals nuus en dat hy ’n saak gemaak het.
Bronne: BBC, The Independent, Sky News
Lees ook: Withuis sê Donald Trump is gesond ondanks blou kolle





