Donald Trump kondig tarief van 25% op motorinvoere na VSA aan

Lees ook :

Donald Trump kondig 25% tariewe aan op motorinvoere na VSA fotokrediet: Canva

VSA. – Donald Trump het ’n invoertarief van 25% aangekondig op alle motors, ligte vragmotors en onderdele wat na die VSA ingevoer word.

Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin

Die nuwe tarief op voertuie sal vanaf 2 April gehef word, Besighede sal die tarief op 3 April moet begin betaal. Die tarief op onderdele sal waarskynlik vanaf begin Mei van krag wees.

Trump het beweer die nuwe tariewe sal lei tot “groot groei” in die motorindustrie, wat weer meer werksgeleenthede en beleggings in die VSA tot gevolg sal hê.

Ekonomiese kenners het gesê die tariewe sal waarskynlik lei tot die tydelike einde aan motorvervaardiging in die VSA, hoër pryse en slegte verhoudings met ander lande.

Die lande wat die meeste voertuie invoer na die VSA, is Mexico, Suid-Korea, Japan, Kanada en Duitsland.

Bronne: BBC, Sky News, ABC News

Lees ook: Trump stel nog tariewe in, kan handelsoorlog begin

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief