Brekende Nuus
Afrikaans

Doodsoorsaak van Boeing- fluitjieblaser bekend

Boeing fluitjieblaser doodsoorsaak bekend

fotokrediet: Wikipedia
Boeing fluitjieblaser doodsoorsaak bekend fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Boeing maak noodlanding na enjin aan die brand slaan

VSA. – Die doodsoorsaak van John Barnett (62), wat een van die Boeing-fluitjieblasers was, is amptelik bekendgemaak.

Barnett is in Maart is sy trok buite ’n hotel met ’n skietwond aan die kop gevind. Die doodsondersoek wys hy het aan “chroniese stres”, angs en post-traumatiese stres gely.

Sy dood is as selfdood gelys. Hy is met ’n skietwond aan sy kop en ’n selfdoodbrief langs hom gevind. Daar was ’n pistool in sy hand en ’n enkele koeëlomhulsel in die voertuig.

Barnett was besig om te getuig in ’n naamskendingsaak teen Boeing, maar het nooit opgedaag nie.

Hy is die tweede Boeing-fluitjieblaser wat oorlede is. Joshua Dean is in Mei dood na hy glo skielik siek geraak het. Volgens Fox59 het hy Influenza B en MRSA gehad wat tot longontsteking gelei het.

Bronne: The Independent, New York Post, AP News

Lees ook: Boeing maak noodlanding na enjin aan die brand slaan