Dricus, Suid-Afrika se trots!

Lees ook :

Dit het begin met ‘n historiese ringloop met ons nasionale volkslied wat speel terwyl Dricus du Plessis uitloop met Springbok-legendes Eben Etzebeth en Siya Kolisi aan sy sy.

Die skare in die RAC-arena was elektries, met ‘n klomp Suid-Afrikaners wat gegaan het om hul middelgewigkampioen in Australië te ondersteun.

Dit was ‘n harde geveg met beide atlete wat hul oomblikke gehad het. Dricus was voor op die telbord volgens twee beoordelaars se telkaarte, heel moontlik as gevolg van harder houe wat deur hom geplant is en natuurlik omdat hy ‘n paar “takedowns” gekry het en selfs amper vir Izzy uitgewurg het in die eerste rondte.

Teen rondte 3 kon mens sien dat hy moeg begin raak en sy houe het al hoe stadiger uit die blokke gekom, terwyl Israel Adesanya lekker houe op sy lyf geland en dit voorgekom het asof hy Dricus se onortodokse vegstyl begin gewoond raak. Maar met ware Suid-Afrikaanse uithouvermoë en wilskrag het hy nooit ophou veg nie en deur die moegheid gedruk. In die vierde rondte toe dinge begin bleek lyk, land Dricus ‘n paar lekker haakhoue teen Izzy se voorkop en vat hom grond toe. Met ‘n paar intelligente aanpassings neem hy sy rug en sink sy massiewe voorarm onder die ken en Israel het geen keuse gehad om te “tap” nie voordat hy bewusteloos sou raak! Die geveg het sodoende tot ‘n einde gekom op 3 min. 38 sek. in die vierde rondte.

Na die geveg het beide atlete ongelooflike sportmanskap getoon en mekaar gelukgewens met ‘n geweldige geveg. Dis mos wat ‘n mens wil sien in ‘n kampioen; nie net veg hy soos een nie, maar hy gedra hom ook na die tyd soos een.

Nou is daar geen meer twyfel in die wêreld se oë dat Dricus du Plessis nie net per ongeluk kampioen geword het nie, maar dat hy verseker in die top van sy gewigsklas hoort en sy respek moet kry wat hy verdien.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief