WES-KAAP. – Drie mense is dood nadat vyf werknemers van ’n vaartuig Woensdag naby Mosselbaai onder die water verdwyn het. Die liggame van twee mans en ‘n vrou is uit die water gehaal.
AO Christopher Spies, polisiewoordvoerder, bevestig aan Nuusflits nooddienspersoneel het omstreeks 10:30 op ’n noodgeval aan boord van die vaartuig gereageer. Later is vasgestel dat vyf werknemers in die water verdwyn het, waarna ’n soek-en-reddingsoperasie met verskeie dissiplines van stapel gestuur is. Die liggame van twee mans en ’n vrou is uit die water gehaal.
Twee van die liggame is per lug na George vervoer. Al drie is dood verklaar. Die Mosselbaai-polisie het ’n geregtelike ondersoekdossier geopen.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: