Drie mans vas vir beweerde mensehandel na drie vroue glo in lodge-kamer versteek gevind is

Lees ook :

(Fotokrediet: News24)
(Photo credit: News24)

Die vinnige reaksie deur lede van die SAPD het gelei tot die inhegtenisname van drie manlike verdagtes tussen 29 en 40 jaar oud in verband met beweerde mensehandel. Die verdagtes is Vrydag 30 Junie 2023 in Polokwane in hegtenis geneem.

Die polisie het inligting ontvang oor die beweerde onwettige aktiwiteite wat by ‘n lodge in Polokwane plaasvind.

Met aankoms by die lodge is die polisie na een van die gehuurde kamers verwys. Dwaar het hulle glo drie mans gevind wat beweer het dat hulle alleen in die kamer was. Die polisie het die kamer deursoek en drie vroue, glo Ethiopiërs, aangetref wat in een van die kompartemente binne die kamer versteek was.

Die vroue tussen die ouderdomme van 20 en 23 het paspoorte gehad, maar dis nie gestempel nie en hulle is nie gemagtig om wettig in die land te wees nie. Die drie vroue is onmiddellik in hegtenis geneem vir oortreding van die Immigrasiewet.

Die drie mans is ook vir beweerde mensehandel vasgetrek nadat voorlopige ondersoeke daarop gedui het dat die vroue van Musina af vervoer is en sonder geldige paspoorte na Gauteng op pad was.

Die verdagtes sal na verwagting Maandag 3 Julie 2023 in die Polokwane-landdroshof verskyn op aanklagte van oortreding van die Immigrasiewet en mensehandel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief