Drie militante dood na Israeliese soldate hospitaal invaar

Lees ook :

Drie militante dood na Israel hospitaal invaar
Drie militante dood na Israel hospitaal invaar fotokrediet: Canva

Lees ook: President Ramaphosa sê SA gaan VN se Veiligheidsraad nader oor Israel

JENIN, WESOEWER. – Drie Palestynse militante is dood na Israeliese soldate ’n hospitaal in Jenin ingeval het.

Die soldate was vermom as mediese personeel. Hulle het inligting ontvang dat militante in die hospitaal skuil en een van plan was om ’n aanval uit te voer.

Hamas het gesê “drie vegters” is dood, insluitend een van hulle lede.

Die ander twee oorledenes het aan die Palestynse Islamitiese Jihad behoort. Hulle het gesê die twee was broers en een was in die hospitaal vir behandeling.

Bronne: BBC, The Guardian, AOL

Lees ook: President Ramaphosa sê SA gaan VN se Veiligheidsraad nader oor Israel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief