Brekende Nuus
Afrikaans

Drie seuns van Hamas-leier dood in lugaanval deur Israel

Haniyeh het gesê sy seuns en kleinkinders, drie meisies en ’n seun, is dood na die motor waarin hulle was gebombardeer is toe hulle verby die Al-Shati-kamp ry.

Israel het drie seuns van Hamas-leier in lugaanval doodgemaak

fotokrediet: Wikipedia
Israel het drie seuns van Hamas-leier in lugaanval doodgemaak fotokrediet: Wikipedia

Lees ook: Duitsland aangekla van volksmoord oor wapenverkope aan Israel

GAZA. – Die Hamas-leier, Ismail Haniyeh, het bevestig drie van sy seuns en vier van sy kleinkinders is oorlede in ’n Israeliese lugaanval.

Israel het bevestig hulle het die aanval uitgevoer. Hulle het gesê die seuns was Hamas-lede.

Haniyeh het gesê sy seuns en kleinkinders, drie meisies en ’n seun, is dood na die motor waarin hulle was gebombardeer is toe hulle verby die Al-Shati-kamp ry.

Volgens hulle familie het die seuns en kleinkinders familie besoek in Al-Shati vir die eerste dag van die Moslem Eid al-Fitr-viering.

Bronne: SABC, Mail Online, Reuters

Lees ook: Duitsland aangekla van volksmoord oor wapenverkope aan Israel