GAUTENG. – Drie speurders verbonde aan die Pretoria Wes-polisiekantoor is Donderdag in ‘n geheime operasie (undercover) van die Nasionale Teen-Korrupsie-ondersoekeenheid in hegtenis geneem. Die twee sersante en ‘n konstabel staan op aanklagte van korrupsie en afpersing tereg.
Volgens die nasionale polisiewoordvoerder, lt.kol. Amanda van Wyk, het die speurders geld van verdagtes geëis. Hulle sal na verwagting aanstaande week in die Pretoria Noord-landdroshof verskyn.





