GAUTENG. – Drie vermeende kontant-in-transito-rowers is Maandag doodgeskiet en ’n vierde verdagte is gewond nadat hulle met die polisie op die R80, Mabopane-snelweg, in Pretoria, in ’n skietgeveg betrokke geraak het. Een verdagte is ook in hegtenis geneem en vuurwapens is teruggevind.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, het bevestig dat die polisie met die vermeende kontant-in-transito-rowers by die R80 in ’n skietgeveg slaags was. Drie verdagtes is dood, een is gewond en een is in hegtenis geneem. Verdere besonderhede word ingewag.

Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: