Drotské en Palmer weer in hof oor beweerde aanranding

Lees ook :

Naka Drotské saam met sy vrou, Marzanne. Foto: Marzanne Drotské Facebook

Bloemfontein – Voormalige Springbok-rugbyspeler en Wêreldbekerwenner, Naka Drotské (53), tesame met sy vriend Lionel Palmer (59), sal vandag vir die tweede keer in die Bloemfonteinse landdroshof verskyn. Hulle word aangekla van aanranding met die doel om ernstig te beseer, na bewerings dat hulle betrokke was by ‘n voorval waarin hul buurman, Vivian John de la Hunt, aangeval is.

Die beweerde voorval het op 14 September plaasgevind, waar Drotské en Palmer glo fisies geraak het met De la Hunt.

Drotské het op sy eie Facebook-bladsy op 1 Oktober gereageer: “Ek bevestig dat daar wel ’n insident was met my buurman en dat ek in selfverdediging opgetree het. Ek het reeds met my regspan gekonsulteer en ’n klag van aanranding teen mnr. De la Hunt gelê. Ek en my vrou het ook aansoek gedoen vir beskermingsbevele teen hom weens teistering. Ons oorweeg ook om ’n klag van ‘Crimen Injuria’ teen mnr. De la Hunt in te dien wanneer die tyd reg is. Op hierdie stadium verkies ek om geen verdere kommentaar te lewer nie.”

Drotské het in 1993 sy Springbok-loopbaan afgeskop en was deel van die span wat in 1995 die Rugbywêreldbeker gewen het. Hy het ook in 1999 aan die Wêreldbeker deelgeneem en in ses wedstryde gespeel. Na sy aftrede het hy ’n suksesvolle afrigtersloopbaan gevolg, onder andere by die Vrystaat Cheetahs in die Curriebeker en die Cheetahs in Superrugby, voor hy in 2015 uit die sportwêreld getree het om nuwe ondernemings aan te pak.

Beide Drotské en Palmer is met hulle eerste hofverskyning op 16 September op borgtog vrygelaat.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief