Dricus du Plessis het (DDP) Sondagoggend (Suid-Afrikaanse tyd) die voormalige UFC-weltergewigkampioen, Kamaru Usman, met ‘n eenparige puntebeslissing in die hoofgeveg van UFC Fight Night in Oklahoma City verslaan.
DDP het Usman met akkurate houe, kniestote en hoë skoppe onder druk geplaas. Hoewel Usman in die laaste rondte sterk teruggeveg het, was dit nie genoeg om die beoordelaars te oortuig nie. Die beoordelaars het die geveg 50-45, 49-46 en 49-46 in Du Plessis se guns beslis.
Ná die oorwinning het Du Plessis gesê hy het groot respek vir sy teenstander, wat tot die einde toe aangehou veg het.
Die sege is ‘n belangrike hupstoot vir Du Plessis nadat hy verlede jaar sy middelgewigtitel verloor het. Hy verbeter nou sy professionele rekord tot 24 oorwinnings en drie nederlae en vestig hom weer as een van die voorste aanspraakmakers in die UFC se middelgewigafdeling.
Bronne: UFC, MMA Fighting, MMA Mania, CBS Sports





