Dubbele hartseer ná tweeling in dam verdrink

Lees ook :

Foto: Rainey Family Funeral Service

VSA. – Charlie en Jax Smith (3), oftewel Charlotte en Jackson, het Woensdag in ‘n dam agter hul ma se huis in die Pine Hills Country Club-woonbuurt in Cordele, Georgia, verdrink. Angie Brown en Dave Smith is die tweeling se ma en pa.

Plaaslike owerhede het bevestig dat nooddienste kort ná 11:00 ontbied is nadat die kinders as vermis aangemeld is. Hulle is in die water aangetref. Alhoewel reddingspogings op die toneel begin is en hulle na ’n hospitaal geneem is, is albei later dood verklaar. Die lykskouer het bevestig dat die oorsaak van dood verdrinking was en dat geen misdaad vermoed word nie.

Dave Smith het op sosiale media gesê, “My babies went home way to soon.”

Fran Bumbalough Brown, die tweeling se ouma, het op sosiale media gesê, “I sit here this very early morning because sleep eludes me. So… I would just like to let know any and all family and friends anywhere that might not have heard……… Yesterday morning about 11:00 a.m. we lost our three year old twins to heaven. Tragic accident and our beautiful babies are with Jesus now and their family that awaits them in the glorious home of Jesus. I know they are there with him but oh the pain and despair that we all feel right now is unimaginable. I sincerely pray that nobody anywhere has to experience what we are feeling at this time. All prayers are very much need and appreciated. We love you all and appreciate your prayers and support. Thank you, Nana.”

Die Cordele-polisiedepartement het die tragiese gebeure op Facebook bekend gemaak. Die Georgia-ondersoekburo help tans met die ondersoek. Owerhede het hul waardering uitgespreek teenoor al die nooddienste wat by die voorval betrokke was. Weens respek vir die familie en om die ondersoek te beskerm, word geen verdere besonderhede in hierdie stadium gedeel nie. Die publiek word gevra om die familie en almal wat geraak word in hul gebede te hou.

Rainey Family Funeral Service het bekend gemaak dat Charlie van onder meer eende, die oseaan en van haar meisiestewels gehou het. Hulle het voorts gesê Jackson was vol energie en was weetgierig en het van sy dinosourisse en speel in die modder gehou. Buiten hul ouers word hulle deur vier broers – Emerson Davis, Everett Pettis, Weston Pettis en Kam Smith – asook hul suster Alexis Davis, en grootouers oorleef. Die tweeling se begrafnisdiens het Sondag plaasgevind.

Bronne: Cordele Police Department, Rainey Family Funeral Service, Fran Bumbalough Brown

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief