Lees ook: Tropiese sikloon op pad na Queensland, Australië
MAYOTTE. – Honderde mense, indien nie duisende nie, is geraak toe ‘n sikloon Saterdag die digbevolkte Franse eiland Mayotte in die Indiese Oseaan getref het. Dis die ergste storm wat die gebied in byna ‘n eeu moes trotseer.
Sikloon Chido het sover 21 mense se dood veroorsaak, maar die dodetal kan styg soos reddingswerkers deur vernietigde buurte beweeg. Sowat 45 beseerdes is aanvanklik in ‘n kritieke toestand gevind.
Sowat drie persone is oorlede na sikloon Chido Mosambiek Sondag getref het.
Bronne: CBS News, ECR, ABC News





