GAUTENG. – ‘n Duitse “dwelmmuil” van Nederland af is vandeesweek in hegtenis geneem nadat die polisie hom by die OR Tambo Internasionale Lughawe in Johannesburg betrap het. Die man het glo meer as 40 kilogram khat met ‘n geskatte straatwaarde van R240 000 in sy bagasie gehad.
Lt.kol. Amanda van Wyk, nasionale polisiewoordvoerder, sê die man was op pad na Frankfurt in Duitsland toe polisie hom onderskep het. Hy sal na verwagting Maandag op aanklagte van dwelmsmokkery in die Kempton Park-landdroshof verskyn.
Die polisie het die afgelope twee jaar meer as 50 dwelmsmokkelaars by dié lughawe betrap. e





