Dwelms van R36 m. by Durban-hawe onderskep

Lees ook :

Foto's: SAPD

KWAZULU-NATAL. – Die Valke, saam met verskeie rolspelers, het sowat 90 kg vermoedelik kokaïen met ’n geraamde straatwaarde van R36 miljoen by die Durban-hawe gekonfiskeer.

Volgens Valke-woordvoerder, kol. Katlego Mogale, is die dwelms ontdek nadat ’n doeanebeampte onraad vermoed het oor ’n uitgrawingsmasjien wat vanaf Santos in Brasilië op die skip Neptune Ace Tokyo by die Q- en R-motorterminaal van die lughawe aangekom het. Tydens deeglike deursoeking deur lede van die Valke en ander rolspelers is verdagte pakkies binne ’n paneel naby die enjinruimte gevind. Dit het gelei tot die ontdekking van 47 blokke met ’n poeieragtige stof wat vermoedelik kokaïen is. Terwyl dié toneel nog verwerk is, is ’n tweede uitgrawingsmasjien wat reeds afgelaai is ook deursoek en nog 43 blokke met vermoedelik kokaïen is daarin weggesteek gevind. Altesaam is sowat 90 kg van die dwelms gekonfiskeer. Teen ’n beraamde waarde van R400 000 per kilogram word die totale straatwaarde op ongeveer R36 miljoen geskat.

Geen inhegtenisnemings is nog gemaak nie en ondersoeke duur voort. Die middels waarop beslag gelê is, sal vir verdere ontleding na ’n forensiese wetenskap laboratorium gestuur word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief