GAUTENG. – Vyf Suid-Afrikaanse burgers is in hegtenis geneem nadat die polisie ’n multimiljoenrand-dwelmvervaardigingslaboratorium op ’n plaas in Krugersdorp ontdek het. Hoeveel dwelms in totaal gevind is en wat die presiese waarde daarvan is, is nog nie bekend gemaak nie.
Kol. Katlego Mogale, Valke-woordvoerder, sê misdaadintelligensie van die polisie se nasionale hoofkantoor en die Valke het die vermeende laboratorium ontdek. Hoeveelhede Mandrax- en Ecstasy-tablette is op die perseel aangetref. Senior polisiebeamptes was nog kort gelede onderweg na die toneel vir verdere assessering en ondersoek.
Die vyf verdagtes is op die perseel in hegtenis geneem. Die ondersoek duur voort.


Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: