Eerste ‘drive-through’ vir hernu van voertuiglisensies in Brackenfell

Lees ook :

Foto's: Stad Kaapstad Jean-Pierre Kitshoff, ’n stadsbeampte, help ’n kliënt by die Stad se eerste motorvoertuiglisensie-hernuwing “drive-through”.

WES-KAAP. – Die Stad Kaapstad het sy eerste deurry vir voertuiglisensies in Brackenfell bekendgestel. Motoriste kan nou hul voertuiglisensies binne vyf minute hernu sonder om uit hul voertuie te klim.

Die fasiliteit is op die hoek van Reservoir- en Kruispadweg geleë en sal weeksdae van 11:30 tot 19:30 en Saterdae van 11:00 tot 14:30 oop wees.

“Die drive-through aanvaar slegs kaartbetalings en is tans net vir lisensiehernuwing beskikbaar,” het raadslid Siseko Mbandezi, burgemeesterskomiteelid vir finansies, gesê.

Hy het gesê motoriste kan eenvoudig ’n hernuwings-SMS toon en hul skyf vinnig ontvang. Die Stad beoog om die diensure te verleng en ander soortgelyke fasiliteite te ondersoek.

Druk hier om meer te lees.

(Van links na regs) Wilmot Abrahams, inkomste-bestuurder: Gespesialiseerde Dienste, Eloise de Villiers, direkteur: Inkomste, Sibongile Makhapela, assistent-hoof: Verkeersdienste, Gerhardus Helberg, assistent-hoof: Verkeersdienste, Raadslid Kyle Carls, voorsitter van Subraad 2, Raadslid Siseko Mbandezi, burgemeesterskomiteelid vir finansies, Nadine Hermanus, waarnemende bestuurder van Subraad 2 en raadslid Johan Loots van Wyksraad 8.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief