PARYS FRANKRYK. – ‘n Egiptiese burger is Vrydag in hegtenis geneem nadat hy glo vroeër die maand probeer het om ‘n vrou op ‘n trein naby Parys te verkrag.
Lees ook: Meisie getref deur skoolbus – polisie ondersoek manslag
Jhordana Dias (26) is glo vroeër die maand deur die man op ‘n trein aangeval. Sy het gesê hy het op die trein gespring, haar gestamp en toe probeer verkrag. ‘n Ander passasier het Dias hoor skree en het ingehardloop en die man afgeneem. Hy het weggehardloop toe die trein by ‘n stasie stilhou.
Die verdagte (26) is in hegtenis geneem, maar het geen amptelike dokumentasie by hom gehad nie. Hy het gesê hy is ‘n Egiptiese burger.
Twee ander vroue het aan die plaaslike nuusblad, Le Parisian, gesê dieselfde man het hulle ook aangerand.
Bronne: BBC, Daily Mail, WN.com
Lees ook: Meisie getref deur skoolbus – polisie ondersoek manslag





