Egpaar oor beweerde mensehandel na Kambodja in hof

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – Adam Attie Douglas en Yolanda Jean Douglas het op vier aanklagte van mensehandel vir die doel van uitbuiting, ingevolge die wet op die voorkoming en bestryding van mensehandel in die Bellville-landdroshof verskyn.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê die staat beweer die egpaar het vier persone, twee mans en twee vroue tussen 22 en 34 jaar oud, deur “Step by Step Academy” op sosiale media gewerf vir werk in Thailand. Die werksaanbiedinge het glo maandelikse salarisse van tussen $400 en $500, kommissie, ’n werkpermit, visum, gratis verblyf en etes, vliegkaartjies asook R2 000 sakgeld op die dag van vertrek belowe.

Volgens Ntabazalila het die beskuldigdes al die reëlings vir die slagoffers getref, insluitend vervoer na Kaapstad Internasionale Lughawe en bystand om ’n vlug na Doha te haal. Die slagoffers het op verskillende datums vertrek, maar het uiteindelik by ’n adres in Phnom Penh, Kambodja, beland waar hulle na bewering in swak omstandighede aangehou is. Die staat voer verder aan dat die sogenaamde werk deel was van ’n uitgebreide aanlyn bedrogskema waarin die slagoffers glo gedwing is om Suid-Afrikaners uit groot bedrae geld te kul. Al vier die slagoffers het daarin geslaag om die perseel te verlaat en het tussen 8 Mei en 14 Junie 2025 na Suid-Afrika teruggekeer.

Die beskuldigdes is gewaarsku dat hulle deur lewenslange gevangenisstraf in die gesig gestaar kan word indien hulle skuldig bevind word. Die saak is vir verdere borginligting en ’n formele borgtogaansoek tot 26 Februarie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief