WES-KAAP. – ’n Man (60) en vrou (56) is vasgebind toe drie gewapende verdagtes hulle Vrydagaand tydens ’n huisroof op ’n plaas in Bottelaryweg, Stellenbosch, oorval het.
Sers. Wesley Twigg, polisiewoordvoerder, sê aan Nuusflits die voorval het kort voor 22:00 plaasgevind. Volgens die polisie het die verdagtes die woning ingegaan, die slagoffers vasgebind en juweliersware, selfone en skootrekenaars gesteel voordat hulle gevlug het. Die polisie het ’n saak van huisroof geregistreer en ondersoek die omstandighede rondom die voorval.
Enigiemand met relevante inligting oor die misdaad word gevra om na vore te kom.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: