Egpaar vir beweerde bedrog van meer as R600 000 op borg

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

OOS-KAAP. – Tanesh Ranchod (31) en sy vrou, Nirali Ambaram (31), is deur die Gqeberha New Law Court-hof elk op R10 000 borg vrygelaat. Die egpaar het glo maande lank ‘n gesofistikeerde bedrogskema bedryf.

Volgens AO Ndiphiwe Mhlakuvana van die Valke is die egpaar van Gqeberha ná ‘n forensiese ondersoek op 13 Mei in hegtenis geneem. Ranchod, wat destyds as Mededirekteur by Nolands Incorporated in Humewood werksaam was, het skynbaar tussen November 2024 en April 2025 met die maatskappy se amptelike faktuursjablone gepeuter deur sy eie en sy vrou se bankbesonderhede te gebruik. Kliënte het toe geld in die “besigheidsrekeninge” inbetaal, maar onwetend het dit na die egpaar se persoonlike rekeninge gegaan. Sowat R366 830 het glo in Ranchod se rekening beland, terwyl ‘n verdere R266 800 na Ambaram se rekening oorgeplaas is. Ondersoeke het glo ook aan die lig gebring dat ongeveer R250 200 tussen die twee rekeninge verskuif is — transaksies wat as geldwassery beskou word.

Die saak is vir oorplasing na die Gqeberha-streekhof na 22 Junie uitgestel.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief