Elektrisiteitskrisis kan in Nelson Mandelabaai ontstaan

Lees ook :

Foto: Retief Odendaal

OOS-KAAP. – Retief Odendaal van die DA wys in ‘n foto op sosiale media swak en beskadigde elektrisiteitstrukture in Nelson Mandelabaai wat volgens hom enige tyd kan ingee.

Hy meen die situasie is uiters ernstig en kan groot ontwrigting vir huishoudings veroorsaak, terwyl sakepersele ook finansieel daaronder kan ly. Volgens hom skep ’n onbetroubare kragnetwerk min vertroue by beleggers en plaas dit die stad se ekonomie onder druk.

Odendaal sê hy het reeds vroeër vanjaar die probleem onder die aandag van die burgemeester van Nelson Mandelabaai gebring en gevra dat geld in die begroting geskuif moet word om dringend die beskadigde infrastruktuur te vervang. Hy beweer dié versoek is nie ernstig opgeneem nie, ondanks verdere waarskuwings dat die pale se strukturele toestand gevaarlik verswak het. Hy voeg by dat hy kundiges geraadpleeg het voordat hy die waarskuwings gemaak het en dat nog kragpale intussen geval het, wat volgens hom op ernstige nalatigheid dui.

Volgens Odendaal gaan hy nou instellings soos Nersa, Eskom en die minister van elektrisiteit en energie nader om die stad te dwing om op te tree. Hy beklemtoon dat die probleem dringend aandag verg en nie uitgestel kan word nie.

Op Odendaal se sosiale media kan foto’s en amptelike briewe oor die elektrisiteitstrukture gesien word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief