Lees ook: President Ramaphosa sê SA gaan VN se Veiligheidsraad nader oor Israel
VSA. – Elon Musk het gesê sy Neuralink-maatskappy se eerste inplanting van die mikroskyfie in ’n menslike brein was suksesvol.
Hy het gesê die eerste uitslae wys belowende neuronspitse (spikes) en die pasiënt sterk aan.
‘n Robot word gebruik om ‘n mikroskyfie in die deel van die brein wat beweging beheer, in te plant. Dit sal help om ingewikkelde neurologiese siektes meer hanteerbaar te maak.
Musk het gesê Neuralink se eerste produk sal Telepathy genoem word en sal jou help om jou foon of rekenaar te beheer net deur te dink.
Bronne: BBC, Evening Standard, The Guardian
Lees ook: President Ramaphosa sê SA gaan VN se Veiligheidsraad nader oor Israel





