Lees ook: Nog 10 fluitjieblasers kom na vore oor Boeing
Elton Jantjies het in ‘n video-plasing op Instagram gesê hy gaan “gouer as wat jy dink” weer rugby speel.
Jantjies is in Augustus 2023 vir vier jaar deur die SA Instituut vir Dwelmvrye Sport (Saids) geskors nadat hy positief vir ‘n verbode middel getoets het.
Hy het in sy video gesê hy gaan sy onskuld bewys en hy het feite en bewyse van talle organisasies wat hom getoets het en sy onskuld bewys het.
Dit is moontlik dat hy vir sy vorige rugbyklub, die Lions, gaan speel na die akkreditasie van die Suid-Afrikaanse Dwelmbeheer-laboratorium (SADoCOL) by die Universiteit van die Vrystaat (UV) in Bloemfontein opgeskort is.
Die laboratorium is moontlik dieselfde een wat Jantjies se toetse uitgevoer het.
Bronne: Planet Rugby, SA Rugby Magazine, Instagram





