Brekende Nuus
Afrikaans

Nog 10 fluitjieblasers kom na vore oor Boeing

Nog 10 fluitjieblasers kom na vore oor Boeing

fotokrediet: Canva
Nog 10 fluitjieblasers kom na vore oor Boeing fotokrediet: Canva

Lees ook: Tweede Boeing-fluitjieblaser ook dood

VSA. – Nog tien fluitjieblasers het na vore gekom na twee fluitjieblasers twee maande uit mekaar onder vreemde omstandighede oorlede is.

Die eerste fluitjieblaser, John Barnett, is 9 Maart oorlede na hy glo selfdood gepleeg het ná hy getuig het in ‘n naamskendingsaak teen Boeing.

Joshua Dean is verlede Dinsdag oorlede na hy skielik siek geword het. Hy was volgens sy familie blakend gesond voor hy skielik longontsteking ontwikkel het.

Albei mans het getuig oor veiligheidsprobleme met Boeing se vliegtuie en kortpaaie wat geneem word tydens vervaardiging van die vliegtuie.

Die ander tien fluitjieblasers het ook getuig oor probleme met die vliegtuie en kortpaaie wat geneem word. Hulle het gesê hulle is geïgnoreer of aksie is teen hulle geneem toe hulle die maatskappy van die probleme probeer inlig het.

Bronne: Sky News, New York Post, Hindustan Times

Lees ook: Tweede Boeing-fluitjieblaser ook dood