Brekende Nuus
Afrikaans

EMPD-adjunkhoof kry R10 000 borgtog – maar bly agter tralies

Foto: Nuusflits

GAUTENG. – EMPD-adjunkhoof Julius Mkhwanazi en vlootbestuurder Chris Steyn is elk op R10 000 borgtog vrygelaat in die sogenaamde blouligte-saak. Mkhwanazi bly egter in aanhouding terwyl hy teregstaan op ‘n aanklag van moord.

Volgens Lizzy Suping, Opod-woordvoerder, is Mkhwanazi se borgtogaansoek Maandag 14 September 2026 in die Germiston-landdroshof afgehandel. Steyn is reeds op 28 Augustus borgtog toegestaan. Mkhwanazi, Steyn en sakeman Vusumuzi “Cat” Matlala is op 27 Augustus in hegtenis geneem. Die drie beskuldigdes staan tereg op aanklagte van bedrog en korrupsie. Matlala het nie om borgtog aansoek gedoen nie.

Mkhwanazi sal egter nie op grond van dié borgtog vrygelaat word nie, aangesien hy ook in ’n afsonderlike saak in verband met die moord op die Brakpan-sakeman Emmanuel Mbense aangekla word. Hy bly in aanhouding hangende die uitspraak oor sy borgtogaansoek in die Mbense-moordsaak. Volgens Opod sal uitspraak in dié saak vandag (Dinsdag) in die Brakpan-landdroshof gelewer word.