Brekende Nuus
Afrikaans

Entstof vir a-pokke in Afrika afgelewer

Entstof vir a-pokke in Afrika afgelewer

fotokrediet: Canva
Entstof vir a-pokke in Afrika afgelewer fotokrediet: Canva

Lees ook: Ses moontlike nuwe gevalle van a-pokke in Maleisië gemonitor

NIGERIË. – Nigerië is die eerste land in Afrika wat reeds entstof teen a-pokke ontvang het. Die land het 10 000 eenhede entstof ontvang na hulle die proses begin het om die entstof in die hande te kry voor die WGO a-pokke tot ’n globale gesondheidsnoodgeval verklaar het.

Nigerië wat tot dusver 40 bevestigde gevalle van a-pokke en meer as 700 vermoedelike gevalle het, het die entstof van die VSA as ’n skenking ontvang.

In die Republiek die Kongo is meer as 18 000 gevalle, met 615 mense wat dood is aan a-pokke. Die Afrika CDC het gesê omtrent 10 miljoen eenhede is nodig om die uitbraak van a-pokke onder beheer te bring.

Bronne: The Star, BBC, MyJoyOnline

Lees ook: Ses moontlike nuwe gevalle van a-pokke in Maleisië gemonitor