Epstein-beskuldiger Virginia Giuffre sterf aan selfdood

Lees ook :

Epstein beskuldiger, Virginia Giuffre oorlede aan selfdood fotokrediet: X

AUSTRALIЁ. – Virginia Giuffre (41), die vrou wat beweer het Jeffrey Epstein het haar seksueel mishandel en wat prins Andrew van seksuele uitbuiting beskuldig het, het gister (Vrydag) selfdood gepleeg.

Lees ook: Jeffrey Epstein – bekendes se name op lys

Haar familie het in ’n verklaring bevestig sy is oorlede aan selfdood na sy “’n lewenslange slagoffer van seksuele misbruik en sekshandel was”. In plasings op sosiale media is ‘n foto waarby Giuffre gesê het sy het nie selfdoodneigings nie en as sy doodgaan aan beweerde selfdood moet die mense om haar aanspreeklik gehou word, want daar is mense wat haar wil stilmaak.

Die polisie is geskakel na Giuffre Vrydagaand bewusteloos by haar huis in Neergabby gevind is. Sy is op die toneel dood verklaar. Die polisie ondersoek haar dood, maar het gesê die omstandighede is nie verdag nie.

Giuffre was sowat drie weke gelede in ’n motorongeluk en het in ’n plasing op Instagram gesê sy het nie lank om te lewe nie. Haar familie het gesê sy het nie bedoel om die plasing te maak nie. Die polisie het later bevestig die ongeluk waarin sy was, was nie so ernstig nie.

Giuffre het beweer Epstein en Ghislaine Maxwell het haar gedwing om seksuele dade uit te voer op Epstein, sy vriende en kennisse. Sy het beweer prins Andrew was een van die mans wat haar seksueel misbruik het. Haar saak teen prins Andrew is buite die hof geskik.

Bronne: Euronews, NBC News, BBC

Lees ook: Jeffrey Epstein – bekendes se name op lys

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief