Anlia Etzebeth, van die Springbok-rugbyspeler Eben Etzebeth, het ’n foto op haar Instagram-blad gedeel wat van hulle gesin tydens ’n stapsessie geneem is.
Sy het in ’n vroeëre plasing gesê hulle dogtertjie is hulle grootste geskenk ooit en dat dit ’n voorreg is om haar ma te wees.
Anlia was tydens die Wêreldbekerrugbytoernooi verlede jaar nog swanger met hulle dogter.
Eben het op Moedersdag hulde aan sy vrou op sy Instagram-blad gebring. “Anlia, ons kleintjie kon nie vir ’n beter moeder gevra het as jy nie, jy’s ongelooflik.”

Bron: Anlia Etzebeth Instagram (@anliastar)

