Facebook Marketplace-bedrieër kry 15 jaar tronkstraf

Lees ook :

Foto: SAPD

NOORD-KAAP. – Michael Chikwani (36) is skuldig bevind aan ’n reeks misdrywe wat verband hou met motorvoertuigdiefstal en bedrog deur Facebook Marketplace. Hy is tot 15 jaar direkte tronkstraf op 85 aanklagte in 26 sake gevonnis.

Lt.kol. Thabo Litabe sê die beskuldigde het slagoffers in die Noord-Kaap, Wes-Kaap en Vrystaat geteiken wat hul voertuie aanlyn te koop aangebied het. Volgens die staat het hy met verkopers gereël om die voertuie te besigtig en daarna vervalste betalingsbewyse verskaf om dit te laat lyk asof geld oorbetaal is. Slagoffers het, onder die indruk dat die geld ontvang is, hul voertuie en registrasiedokumente oorhandig, waarna Chikwani verdwyn het sonder om te betaal. Die gesteelde voertuie is later aan niksvermoedende kopers in die Wes-Kaap verkoop. Altesaam 26 sake is teen hom aanhangig gemaak en uiteindelik in Kimberley saamgevoeg.

Die Kimberley- gespesialiseerde handelsmisdaadhof het hom skuldig bevind op verskeie aanklagte, insluitend motorvoertuigdiefstal, kuberbedrog, geldwassery en oortredings van wetgewing rakende identifikasie en immigrasie. Hoewel Chikwani verskeie vonnisse opgelê is, het die hof beveel dat dit gelyktydig uitgedien moet word, wat beteken hy sal effektief 15 jaar tronkstraf uitdien. Die ondersoek is deur AO Anthony Rheeder van die voertuigmisdaadondersoekeenheid in Kimberley gelei.

Aanklagte 1–32: Diefstal van motorvoertuie – 15 jaar tronkstraf

Aanklagte 33–50: Kuberbedrog – 15 jaar tronkstraf

Aanklagte 51–82: Geldwassery – 3 jaar tronkstraf

Aanklag 83: Oortreding van die Wet op Identifikasie – 1 jaar tronkstraf

Aanklagte 84–85: Oortreding van die Immigrasiewet – 2 jaar tronkstraf

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief