Familie van Chris Hani eis ondersoek na moordenaar land verlaat

Lees ook :

Chris Hani-familie eis ondersoek na moordenaar land verlaat
Chris Hani-familie eis ondersoek na moordenaar land verlaat fotokrediet: Facebook

Lees ook: Minister van justisie sal oor Janusz Walus se parool besluit

Chris Hani se familie en die Suid-Afrikaanse Kommunisteparty (SAKP) het weer ’n ondersoek geëis oor die sluipmoord op Chris Hani.

Dit volg na sy moordenaar Janusz Waluś Vrydag die land verlaat het vir sy tuisland, Poland, ná sy parooltydperk uitgedien is.

Hani se familie was ongelukkig oor Waluś se parool en het gesê dit ignoreer die feit dat die volle waarheid oor die moord nie aan die lig gekom het nie.

Waluś is na 28 jaar in die tronk vrygelaat toe die Konstitusionele Hof beslis het die besluit om sy parool af te keur, was irrasioneel.

Die nuwe minister van justisie, Mamoloko Kubayi, het gesê die regering sal die Hani-familie se pleidooi oorweeg.

Bronne: eNCA, EWN, Central News

Lees ook: Minister van justisie sal oor Janusz Walus se parool besluit

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief