ALASKA, VSA. – ’n Familie van drie, bestaande uit een volwassene en twee kinders, is gister (Maandag) na ’n vliegtuigongeluk in Alaska deur ‘n barmhartige Samaritaan gered.
Die familie het Sondagaand ‘n private vlug onderneem toe swak weersomstandighede hulle verhoed het om terug te keer en die vliegtuig “verdwyn” het. Die vliegtuig is laas gesien naby die Tustemena-meer, ‘n gebied wat bekend is vir onvoorspelbare en onstuimige winde.
Lees ook: Kommer oor tsoenami na 6.7-aardbewing naby NZ se Suideiland tref
Een volwassene en twee kinders is later deur ’n vlieënier naby die wrak van ’n klein vliegtuig opgemerk. Die familie is na ‘n hospitaal geneem waar hulle vir nie-lewensbedreigende beserings behandel is.
Die ongeluk is tans onder die aandag van die Nasionale Vervoerveiligheidsraad (NTSB), wat die oorsaak van die voorval ondersoek. ’n Voorlopige verslag oor die insident sal binne 30 dae beskikbaar wees.
Bronne: Newsweek, The Independent, NBC News
Lees ook: Kommer oor tsoenami na 6.7-aardbewing naby NZ se Suideiland tref





