Families van gyselaars in Gaza storm by komiteesitting in

Lees ook :

Families van gyselaars in Gaza storm by parlement vergadering in
Families van gyselaars in Gaza storm by parlement vergadering in

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog steek 25 000 verby

JERUSALEM. – Familielede van die gyselaars in Gaza het gister by ’n parlementêre komiteesitting in Jerusalem ingestorm en aangedring dat opgetree word om die gyselaars terug te kry.

Sowat 20 familielede van die gyselaars wat op 7 Oktober deur Hamas ontvoer is, het by die vergadering ingestorm en het geskree: “Laat hulle vry, nou, nou!”

Van die familielede het borde gehad waarop daar gestaan het: “Jy gaan nie hier sit terwyl hulle daar doodgaan nie”.

Die Israeliese regering het Sondag Hamas se terme om die oorlog te beëindig en gyselaars vry te laat, verwerp. Hamas het daarop gesê Israel se weiering beteken daar is “geen kans vir die vrylating van die gyselaars nie.”

Die Israeliese weermag het verlede week erken drie gyselaars wie se liggame in Desember gevind is, is moontlik deur een van hulle lugaanvalle gedood. Drie mans is ook deur Israeliese soldate doodgeskiet na hulle ontsnap het en na hulle toe gegaan het vir hulp. Altesaam 130 gyselaars is steeds in Gaza terwyl minstens 27 dood is.

Bronne: The Guardian, New York Post, Independent

Lees ook: Dodetal in Israel-Hamas-oorlog steek 25 000 verby

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief