Fluitjieblaser meld veiligheidsprobleme by Boeing aan

Lees ook :

Boeing-fluitjieblaser meld veiligheidsprobleme aan
Boeing-fluitjieblaser meld veiligheidsprobleme aan fotokrediet: Canva

Lees ook: Boeing-fluitjieblaser dood gevind kort na getuienis

VSA. – Nog ’n fluitjieblaser het gesê Boeing vat kortpaaie in die konstruksie van die 787- en 777-vliegtuie.

Ingenieur Sam Salehpour het Boeing daarvan beskuldig dat hulle kortpaaie neem wanneer hulle die 787- en 777-vliegtuie bou.

Hy het gesê hulle het gedreig om hom af te dank toe hy die veiligheidsprobleme aanmeld.

Boeing het gesê sy eise is “onakkuraat” en dat hulle seker is hulle vliegtuie is veilig.

Daar was onlangs verskeie probleme met 737 Max-vliegtuie van Boeing. Verskeie werknemers van die maatskappy het ook onlangs aangekondig hulle gaan nie meer daar werk nie.

’n Vorige fluitjieblaser is dood in sy voertuig gevind na hy in ’n naamskendingsaak teen Boeing getuig het.

Bronne: BBC, Algoa FM, CNA

Lees ook: Boeing-fluitjieblaser dood gevind kort na getuienis

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief