Fondsinsameling vir polisieman wat glo Franse tiener doodskiet, hewig gekritiseer

Lees ook :

Fondsinsameling vir polisieman wat glo Franse tiener doodskiet, hewig gekritiseer
Fondsinsameling vir polisieman wat glo Franse tiener doodskiet, hewig gekritiseer fotokrediet: Canva

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

‘n Fondsinsameling vir die polisieman wat aangekla is van die moord op Nahel Merzouk (17) in Parys is gister gestop.

Die fondsinsameling, wat €1.6 miljoen sterk was, is deur Jean Messiha, wat voorheen vir presidensiële kandidate gewerk het, begin.

‘n Fondsinsameling wat vir Nahel se ma begin is, het teen gisteraand slegs €400,000 geïn.

Die fondsinsameling vir die polisieman is hewig gekritiseer deur verskeie politici en die prokureur vir Nahel se familie het aangekondig hy het ‘n kriminele klag gaan maak.

Messiha het op Twitter gekla oor die klag teen hom en het Nahel se familie en die regsisteem vir sy dood blameer.

Nahel is 27 Junie by ‘n padblokkade doodgeskiet toe hy glo probeer wegry het nadat hy na bewering deur ‘n polisieman gedreig is. Nahel se dood het tot dae van onrus regoor Frankryk gelei.

Bronne: Euronews, VN Explorer, The Guardian, Washington Post

Lees ook: Brandweerman sterf tydens Parys-onrus, burgemeester se huis aangeval

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief