GAUTENG. – Die Gautengse provinsiale wetgewer se portefeuljekomitee het die skietery by ’n taverne in Olievenhoutbosch veroordeel en die publiek vir hulp gevra.
Lees ook: Vyf dood in massaskietery – tien verdagtes gesoek
Volgens voorlopige verslae het sowat tien gewapende verdagtes met hoëkaliber-vuurwapens op mense in die taverne geskiet en die dood van vyf mense veroorsaak. Drie mense is in die aanval beseer.
‘n Voorlopige verslag toon dat die motief vir die skietery moontlik ’n sogenaamde “turfoorlog” is tussen onwettige buitelanders wat verbind is aan onwettige mynery. Die taverne word glo sonder die nodige lisensie bestuur en die eienaar is ’n ongedokumenteerde buitelander.
Die portefeuljekomitee het inwoners in Gauteng en in Suid-Afrika aangemoedig om enige inligting aangaande die verdagtes by die polisie aan te meld.
Bronne: SA Regering





