Gebakte eiers met worsies

Lees ook :

(Fotokrediet: Resepte vir oud en jonk)
(Fotokrediet: Resepte vir oud en jonk)

Oorskiet-braaivleis is ook ideaal vir dié resep.

Genoeg vir: 4
Bereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 30 minute
Oondtemperatuur: 180 °C
BESTANDDELE:
1 ui, gekap
15 ml olyfolie
1 knoffelhuisie, gekap
1 blik keker-ertjies, gedreineer
300 g baba-spinasieblare gewas
gaar boereworsstukke, in happiegroot stukke gesny
200 ml roomkaas met ’n grasuie-geur
8 eiers
METODE:
1 Braai die ui in die olie tot glansend. Voeg die knoffel, keker-ertjies en spinasie by en braai tot die spinasie sag is. Roer die wors en roomkaas by en verhit tot deurwarm. Skep dit in vier gesmeerde bakkies met ’n inhoudsmaat van 350 ml.
2 Breek twee eiers in elke bakkie, geur dit met sout en peper en bak dit sowat 20 minute of tot deurgaar. Sit dit voor met brood as ’n ligte aandete of selfs vir ontbyt
Bron; Tuis Tydskrif
Plasing: TIana Botes / WATERTAND RESEPTE VIR OUD EN JONK

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief