Gebruik ekstra geld vir voertuigherstel en lisensiehernuwing – padvekeerbestuurskorporasie

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie

GAUTENG. – Die padverkeerbestuurskorporasie (RTMC) het motoriste versoek om einde-van-die-jaar-bonusse en uitbetalings van spaarklubs of stokvels te gebruik om voertuie reg te maak en voertuiglisensies voor die feestyd te hernu.

Die korporasie sê in ‘n verklaring op sosiale media met die feestyd wat vinnig naderkom, beplan mense hulle ritte. Dit is belangrik om te verseker dat jou voertuig in ‘n goeie toestand is, voordat jy die langpad aandurf. Dit sluit in die herstel van defekte soos onpadwaardige bande, gekraakte voorruite, remme, ligte en ruitveërs. Hierdie komponente is krities vir veiligheid, veral vir diegene wat gedurende die somer en reënseisoen sal reis.

Statistiek van verlede jaar toon dat voertuigfaktore 6,9% van alle dodelike ongelukke gedurende die feestyd veroorsaak het. Van hierdie ongelukke was 65,7% te wyte aan bande wat bars en 11,4% aan foutiewe remme. Verder het hoofligte wat nie aangeskakel was nie en die sigbaarheid van naderende voertuige beïnvloed het, 9,5% van die bydrae gemaak.

Motoriste word ook herinner om die geldigheid van hul voertuiglisensies te kontroleer en dit voor hul reis te hernu. Die korporasie sê voorts 1 060 382 voertuiglisensies sal teen die einde van November verval, waarvan die meeste (416 828) in Gauteng is, gevolg deur die Wes-Kaap (197 797) en KwaZulu-Natal (143 293). Ander provinsies se vervalde lisensies sluit in: Mpumalanga (66 446), die Oos-Kaap (63 263), Limpopo (58 551), Vrystaat (47 572), Noordwes (44 871) en die Noord-Kaap (21 763). Vervalde lisensies kan boetes veroorsaak, insluitend laathernuwingboetes van 10% van die jaarfooi per maand, moontlike boetes tot R1 000 indien deur wetstoepassers opgemerk word. Dit kan selfs veroorsaak dat daar op ‘n voertuig beslag gelê word.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Subscribe
Notify of
guest
0 Comments
Oldest
Newest Most Voted
Inline Feedbacks
View all comments

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief